SAINT

Home / SAINT
SAINT

About Me

28/09/2020 – Christiana Noordwes
07h30

Ons het hom Saint gedoop, hy sal nie die aarde verlaat sonder ‘n naam, gebed en ordentlike graf nie. Saint = A Christian designation for a person who is exceptionally holy or virtuous.

Die dag toe ek uit my mamma se magie kom, was ek opgewonde om die wêreld te ontmoet, om te speel, rond te hol en lief gehê te word.

Maar op ‘n baie jong ouderdom moes ek leer dat my drome nooit gaan waar word nie, ek is na ‘n huis waar ek mishandel is, nooit liefde geken het, vir myself kos moes soek, en ‘n wrede wrede dood gesterf het…..

Ek is opgehang aan my een voetjie, niemand het my geskree gehoor die verdowende pyn, later het ek dit nie eers meer gevoel nie want nou skree ek na elkeen wat verby loop net vir hulp, almal kyk na my en sien my raak maar kyk verby, my tong hang uit ek is dors net ‘n bietjie water, help my net af, ek belowe om reg te gaan maak waar ek verkeerd gedoen het, HELP HELP HELP niemand luister, nie eers as die trane oor my wange rol, as my kop nie meer kan regop nie, die spartel word al hoe minder want wat help dit tog, niemand het my lief nie, almal stap net verby…. my tjank geluidtjies word al hoe sagter, tot dit heel verdwyn, God neem my na U ek kan nie meer nie, ek wil net by U wees….

Saint jy het hierdie wereld verlaat, op die wreedste manier, maar God het jou lief gehad en ek belowe jou Joey Jacobs en ek ook. As ons jou net kon wys wat ons het om te bied, ons kan nie ons trane keer nie, en wens ons was daar om jou dadelik te help, Rus saggies babatjie ons sal jou ontmoet en op soen en wys wat liefde is….

Rus sag, jy is God se kind, nie die mensdom s’n nie. Niemand sal jou ooit weer seer maak nie!! Mag jou siel nou hemel toe gaan en jy in vrede rus. In Jesus naam bid ek jou dit toe, Amen.

INDIEN ENIGE IEMAND INLIGTING HET OOR DIE PERSOON WAT HIERDIE WREDE MOORD GEPLEEG HET KONTAK MY ASB PER WATSAPP BY 083 937 6400 OF SPEURDER MARIUS SMIT BY 053 441 9213.

SAINT NEEDS YOUR HELP TO FIND HIS KILLER